
Baie welkom aan alle besoekers. Na bykans 6 jaar in die vreemde (UAE), is ons weer terug in Suid Afrika.
Baie dankie ook aan ons Hemelse Vader, dat u ons altyddeur bygestaan, behoed en bewaar het. Ons sal altyd terugdink aan ons tyd in Dubai, met ‘n lied in ons harte, want daar in die vreemde, het u teenwoodigheid en genade vir ons elke dag opnuut konkreet geword.
Die UAE, en Dubai spesifiek, sal altyd ‘n spesiale plekkie in ons harte hê, want dit was vir ons ‘n wonderlike ondervinding om te sien hoe ander mense leef, ons het baie lesse daardeur geleer, vriende gemaak en lewens ervaring opgedoen.
Ons ou eenslaapkamerwoonstelletjie by Dubai Marina, sal ook altyd ‘n baie spesiale plekkie in ons harte hê.
Maar nou terug na die hede – ons is al klaar weer ingeburger in ons Pondokkie, Nelspruit, en dis baie lekker om weer ons kinders en kleinkinders om ons te hê.
Beide Engela, sowel myself is ook baie geseënd om alweer voltyds in die tuig te wees.
Baie dankie vir jou besoekie, en ons wens is dat jy dit sal geniet en nuttige inligting hier sal vind.
Met baie liefde
Gert en Engela Coetzee